Oudleerders wat maandelikse bydraes maak se foto’s verskyn hier op die webblad. As u, as oudleerder of belangstellende ‘n bydrae wil maak, skakel die skoolhoof, mev Anje Boshoff by sel: 072 970 7050. U kan ook dieingevulde debietordervorm per e-pos terugstuur aan navrae@volkskoolorania.co.za. Of voltooi die aanlyn debietordervorm.
Oudleerders en belangstellendes kan ‘n bydrae maak om nog ‘n Afrikanerkind die geleentheid te gee om by Volkskool Orania in te skryf. Ons volk is in ’n oorlewingstryd en om ons jeug toe te rus met die nodige opvoeding en opleiding, is ‘n manier om prakties deel te neem om ‘n toekoms vir ons volk te verseker. By Volkskool Orania word nie alleen gefokus op uitnemende akademiese bemagtiging nie, maar ook om ‘n selfstandige Afrikanerjeug te kweek vir wie hulle kultuur, taal en Christelike waardes hul erns is en wat die uitdagings van die tyd die hoof kan bied.
Gooi jou stuiwer in die armbeurs – hierdie dinge gebeur nie vanself nie! Dit verg ‘n toegewyde onderwysspan wat skouer aan die wiel sit. Dit hét ons, maar ons moet ook ons ouers help om hulle kinders se skoolopleiding te kan bekostig. Onthou: hier is nie sprake van staatshulp nie. Ons volk het al opgestaan in die verlede – ons kan weer!