Jaarliks, net voor die rekordeksamen, hou Volkskool Orania ‘n weeklange slypskool vir residensiële- en afstandleerders waartydens hulle deur ‘n paar vakgebiede geneem word ter voorbereiding van die eksamen. By Afrikaans en Engels sal dit tipies die letterkundige werke wees – gedigte, dramas en romans – wat behandel en toegelig word deur DVD’s om ‘n volledige oorsig oor die werk te kry. In hierdie week besoek ‘n moderator van SACAI die skool om die mondelinge eksamen af te neem asook die praktiese eksamen van die Verbruikerstudie-leerders in die goed toegeruste Verbruikerstudie-kombuis. Vir albei hierdie eksamens word hulle deeglik voorberei. Daar word ook vir Wiskundeleerders indiepte-kursusse aangebied deur gesoute wiskundedosente wat regoor die land sodanige kursusse vir hoërskoolleerders aanbied. Leerders word ook voorberei in die Fisiese Wetenskappe, praktiese vakke soos Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Besigheidstudies en Lewenswetenskappe. Die week het ook ‘n gesellige sosiale program, onder andere ‘n skattejag op fietse deur die dorp, vlotvaart op rivier, ‘n braai saam met die ouers en word op ‘n hoogtepunt afgesluit met die matriekafskeidfunksie.
‘n Akkommodsielys is op aanvraag beskikbaar. Bywoning is opsioneel vir ouers.