Onderwysnavorsing

Volkskool Orania se onderrigmetode lê klem op die leerder se inisiatief om selfdissipline as ‘n deug aan te kweek. Dit stel die ywerige en gedissiplineerde leerder in staat om vooruit te werk teen sy eie tempo en nie deur leerders, wat nog nie so gedissiplineer is of sukkel met die werk, aan bande gelê te word nie. Afstandleer Plus – die skool se afstandleerprogram – probeer ook om dit vir die leerder en die ouer so maklik moontlik te maak om by die huis te leer, omdat dit reeds so ‘n groot uitdaging is. Hierdie onderrigmetode word al vir 28 jaar in hierdie skool toegepas met uitstekende resultate. Daar word steeds navorsig gedoen op hierdie terrein om die stelsel vaartbelyn te maak en te verfyn met die oog op effektiewe kennisoordrag. Lees meer… *

Ons is nie slegs ‘n Afstandleersentrum nie maar bedryf ‘n skool van graad R tot 12 waarin ons alle materiaal wat ons ontwikkel ook kan toets en toepas. Dit beteken dus dat ons ook elke praktiese taak hier met leerders doen en ouers uit daardie ervaring kan raad gee of bystaan. Ons verskaf dus doelwitvelle vir elke vak wat in weke ingedeel is en stap-vir-stap aandui wat gedoen moet word. Hierdie doelwitvelle is gekoppel aan handboeke wat deur ons vakadviseurs uitgekies is vir elke vak. Daarbenewens werk ons ook soms rekenaaroefeninge uit wat die donkie-leerwerk vir die leerder makliker en lekkerder probeer maak. Daar is egter ook werkkaarte en formele assesseringstake wat bygevoeg word vir elke vak. Ons is ook gesteld daarop om gereeld met leerders te skakel om seker te maak hulle kom reg en hou by, sodat daar gewoonlik nie eers een week verbygaan sonder dat ons of gebel, of ‘n e-pos gestuur het nie. Ons telefoonlyne en e-pos is ook altyd oop vir leerders en ouers wat navrae het oor werk. Ons is trots daarop dat ons ‘n diens lewer en nie net ‘n produk verkoop nie.

As jy ons navorsingsfonds wil ondersteun, kliek hier: debietordervorms