Ondersteuningsdienste

- Vakmentors
- Slypskool
- Toerismetoer
- Nuusbriewe en inligtingstukke
- Deelname aan Afrikaanse ekspo
- Deelname aan Eskom ekspo
- Skoolkoerant: Die Houtoog
- Matriekafskeid
Afstandleer Plus

‘n Onderwysstelsel wat reeds 27 jaar beproef is, gekoppel aan Volkskool Orania. Die sukses van ons oud-matrikulante is ons beste getuigskrif!
Internettoegang is ‘n vereiste!
Werkswyse
- Leermateriaal word verskaf via die internet – internettoegang is ‘n vereiste.
Volledige Skoolgebaseerde Assessering (SGA) opdragte (portefeuljewerk) wat aan KABV vereistes en voorskrifte voldoen, word voorsien. - Riglyne en ondersteuning in die uitvoering van portefeulje-opdragte en voorgeskrewe skoolgebaseerde assesseringopdragte word gebied.
- Formele Assesseringstake word direk na Volkskool gestuur vir assessering.
- Warm Patatte is rekenaaroefeninge gebasseer op vakinhoud.
- Vakmentors is deurlopend beskikbaar om leerlders by te staan.
Ondersteuningsdienste: Administratief

Anje Boshoff (Skoolhoof)
- anjestrik@orania.co.za
- 072 970 7050
BA(ALW), BA.Hons (Cum Laude), NGOS (Cum Laude)
Mev Anje Boshoff is die skoolhoof van Volkskool Orania. Sy is
sedert 2009 ‘n onderwyser by Volkskool en van 2016 af saam
met haar dinamiese personeel verantwoordelik om Volkskool
Orania op ‘n unieke wyse te lei en te vestig as ‘n uitnemende
opvoedingsinstelling.

Carel Boshoff
- bedryf@volkskoolorania.co.za
- 053 207 0161
Mnr Carel Boshoff is die bedryfshoof in beheer van algemene bedryfsake. Dit sluit die finansiële bestuur en begroting van
die skool in, asook IT-dienste en internet verskaffing, die
bestuur van Leersfeer en die webwerf, akkreditasievereistes
en beleid, fasiliteite en die geoliede wiele van die
administratiewe prosesse.

Mev Sanet Buitendag
- navrae@volkskoolorania.co.za
- 053 207 0161
Mev Sanet Buitendag is ons administratiewe hoof. Sy werk met rekeninge en hanteer navrae en nuwe inskrywings. Sy skakel ook met SACAI om graad 12 leerders te registreer en by eksamensentrums teplaas. Vakveranderings en SACAI regulasies val ook onder haar beheer. Sy help met die reëlings vir die jaarlikse Toerisme-toer en ondersteun die leerders in die insamelingsprojekte daarvoor.

Yvette Oosthuysen
- volkskool@orania.co.za
- 053 207 0161

Sybella Taljaard
- student@volkskoolorania.co.za
- 053 207 0161
Mev Sybella Taljaard is ons studente administrateur. Sy werk met ons plaaslike- en afstandleer-studente en sorg dat almal se take betyds in is en op datum bly. Sy ontvang en versend leer- en eksamenmateriaal en werk die eksamenroosters uit. Sy is die primêre skakel met leerders en ouers en sal sorg dat jy by die regte onderwyser uitkom met jou navraag.

Elisma Boshoff
- vestiging@volkskoolorania.co.za
- 053 207 0161

Antonette Snyman
- antoinette@volkskoolorania.co.za
- 053 207 0161
Mev Antonette Snyman sorg dat alle portefeuljetake netjies in lêers geliasseer word. Sy sorg ook vir finale puntestate en dat die rapporte uitgereik word. Sorg dus dat jy in haar goeie boekies bly!
