Kleuterskool

Volkskool Orania bedryf ook ‘n Kleuterskool op die skoolgrond. Met ‘n vinniggroeiende dorp wat daarop ingestel is om gesins- en kindervriendelik te wees, bars die Kleuterskool egter uit sy nate. Daarom het dit dringend noodsaaklik geword om hierdie fasiliteit te vergroot. Die huidige ouers het bymekaargekom om die projek van stapel te stuur. Die argiteksplanne vir ‘n graad R klassie is reeds goedgekeur en daar word hard gewerk aan fondsinsamelingsprojekte. Die hele gemeenskap het betrokke geraak en skenkings soos bakstene, klip, sement en verf is al ontvang.

Ons sal u hulp waardeer om Kieliepensie kleuterskool te vergroot en toe te rus met die nodige fasiliteite. Op hierdie manier sterk u ons in ons strewe om gelukkige en gesonde kleuters te leer en te lei om noodsaaklike vaardighede te bemeester. Kleuteronderrig by Kieliepensies is gebasseer op die Montessori opvoedingsbenadering waar kinders deur gestruktureerde kreatiewe speel- en leeraktiwiteite begelei word om vanpaste keuses te maak.

Om by te dra tot die uitbreiding en ontwikkeling van die Kleuterskool, kliek hier: debietordervorms