Joost Strydom

Word groot in Orania. Matrikuleer in 2011. Studeer Kommunikasie en Antropologie aan NWU-PUK. Studenteraadslid. Behaal Golden Key Honour vir akademiese prestasie. Tans kommunikasiebeampte by die Orania Beweging.

Barend Uys

Matrikuleer in 2002 by Volkskool. Hy en Marinda by hulle kindertjies Mariné en Barend. Hy behaal ‘n meestersgraad in meganiese ingenieurswese aan UP in 2007. Geregistreer as ‘n “Chartered Engineer” by die Ingenieursraad van die Verenigde Koninkryk. Barend werk tans vir ‘n internasionale raadgewende ingenieursmaatskappy.

Daniël en Almie Coetzee

albei oud-Volkskoolleerders. Daniël tot in 2007 en Almie 2008. Daniël is tans die eienaar van DTC Dienssentrum in Orania en Almie is eienaar van DTC wassery en ma van Alet-Mari.

Haylie Nicholson

Haylie Nicholson (neé Menhenet). Bemarkingsbestuurder vir PC Supreme rekenaarhandelaars. Woon in Orania saam met haar man Freddie en seuntjie Derrick. Sy het in 2009 Volkskool bygewoon.

Huibrie Pretorius

(neé Joubert):
Saam met haar man Janno en seuns Ludwig en Ian. Sy matrikuleer in 2002 by Volkskool waarna sy haarself as geoloog kwalifiseer en Geologie doseer by die Universiteit van die Vrystaat tot 2014. Vandag is sy ‘n voltydse ma.

Chris Joubert

Matrikuleer in 2004 by Volkskool Orania en gaan studeer Chemie by die Universiteit van die Vrystaat. Chris is ‘n aktiewe buitelugmens wat gereeld gaan stap en kamp. Hy bly daarby ‘n ewige student en is tans voltyds besig met sy PhD in Fisiese Chemie by Kovsies.