Rian Daubney

Matrikuleer in 2009 by Volkskool Orania. Hy woon sedert 2012 in Inverness, Skotland. By Asda (afdelingswinkel) begin hy onder op die leer en werk sy pad op na afdelingsleier. Einde van 2016 het hy oorgegaan na die NHS om opleiding as vakman te ontvang. Hy is aktief as noodhelper by die Rooikruis, kom graag in die buitelug, veral vir “paintball”, kleiduifskiet, bergklim, wintersport.

Erna Joubert

Erna Joubert was in Volkskool Orania vanaf 1996-2001. Sy het na skool au pair werk in die VSA gaan doen en daar is sy getroud met Stuart Olney. Sy bedryf nou ‘n gastehuis met 7 kamers in Detroit

Joanelle Everson

Matrikuleer in 2010 by Volkskool Orania. Behaal BA en BA Honneurs in Dokumentêre Video Produksie met lof en word telkens aangewys as die beste tweedejaars-, derdejaars- en Honneursstudent aan die Noordwes Universiteit. Joanelle werk sedert 2015 as video redigeerder by iGala Productions.

Arno Everson

Matrikuleer in 2012 by Volkskool Orania. Na ‘n jaar se avontuur in Johannesburg, is hy tans Skakelbeampte vir die Hartlandstigting op Orania waar hy Kommunikasiebeheer en bemarking vir dié instansie hanteer.

Jantoené Oosthuizen

Matrikuleer in 2014 by Volkskool Orania. Sy is tans ‘n sjef by die Pienk Zebra restaurant op Orania waar sy sedert 2015 betrokke is. Jantoené het die uiteenlopende kursusse “Restaurant management” en “Paralegal practitioner” by Get Smarter op afstandleer deur die Universiteit van Kaapstad voltooi.

Francis Prinsloo

Is in Volkskool Orania van 1999 tot 2007. Sy doen die Assistent Senior Sjef kursus nog op skool, daarna doen sy vroeë kinderontwikkeling. Reeds op skool is sy ‘n kranige medewerker by die skoolkoerant: Die Houtoog, en doen vandag steeds vrywillige radio- en klankwerk by die plaaslike radiostasie Radio Orania. In haar werktyd, is sy ‘n selfoonagent.

Angeliqa Vorster

Matrikuleer in 2014 waarna sy ondervinding opdoen in kliëntediens en boekhouding by Postnet. Sy het in 2016 na-uurs begin Boekhou studeer en werk tans by Pretoria FM as bemarker.

Ruaan van Dyk

Matrikuleer by Volkskool Orania in 2012. Hy doen ondervinding op in die rekenaarbedryf en begin in 2014 by OSK werk – Orania se Koöperatiewe Bank wat die Sakekamer se Ora’s administreer.

Jana Coetzee

Matrikuleer by Volkskool Orania in 2012 met Toerisme as een van haar vakke. Sy werk tans as Kliënte-bestuurder by Aan-die-Oewer Vakansie-oord op Orania.

Johan Joubert

Matrikuleer by Volkskool Orania in 2011. Hy leer allerhande soorte dans en begin later ‘n dansstudio in Bloemfontein tot 2015. Tans toer hy in Amerika waar hy Amerikaners leer sokkie.