Tuis

IMG-20191016-WA0097
Inspirasie, Innovasie en Ontdekking.
‘n Onderwysstelsel wat reeds 27 jaar beproef is, gekoppel aan Volkskool Orania. Die sukses van ons oud-matrikulante is ons beste getuigskrif!

Afstandleer Plus

  • Studiemateriaal van hoë standaard wat aan onderwysleerplanvereistes voldoen.
  • ʼn Matriekkwalifikasie (Nasionale Senior Sertifikaat) wat nasionaal erken word en universiteitstoelating bied.
  • Deurlopende telefoniese en internetondersteuning deur bekwame, simpatieke vakmentors en ondersteuningspersoneel.
  • Doelwitvelle help leerders om hulle werk sistematies te beplan. Studiemateriaal word aangevul met rekenaartoetse aan die einde van elke afdeling waarmee leerders deurlopend hulle vordering kan toets.
  • Geleenthede om sosiaal met medeleerders te verkeer en ʼn matriekafskeid by te woon, asook om deel te neem aan aktiwiteite soos die Afrikaans Ekspo en die Eskom Ekspo vir jong wetenskaplikes.

Toerisme

Toerisme word as vak aangebied vir Graad 10 tot 12. Dit is ‘n vak wat die leerders baie geniet. Om die leerders se kennis en ervaring in die vakgebied te verbreed word jaarliks ‘n Toerismetoer aangebied vir Graad 10 en 11. Hulle is dwarsdeur die jaar aktief gemoeid met die beplanning van die toer en insameling van fondse. Die eerste jaar was ‘n bustoer onderneem na Hartenbos en Mosselbaai, waar in selfsorgeenhede tuisgegaan is en waartydens hulle ‘n eerstehandse kyk agter die skerms gekry het van die toerismebedryf. Die tweede toer was via die Augrabieswatervalle en Springbok na die Weskus en vanjaar het die leerders met die Trans-Karoo trein via Kimberley, Matjiesfontein, Kaapstad na Bettiesbaai gereis. Vir 2019 word ‘n bootvaart van Durban na Mosambiek beplan. Tydens hierdie toere loop leerders eerstehands op die spoor van toeriste om praktiese ondervinding op te doen en word talle besienswaardighede besoek.

WERKSWYSE

Riglyne en ondersteuning in die uitvoering van portefeulje-opdragte en voorgeskrewe skoolgebaseerde assesseringopdragte word gebied.

Formele Assesseringstake word direk na Volkskool gestuur vir assessering.

Slypskool

Ons bied jaarliks ‘n ‘Slypskool’ aan wat so beplan word dat dit ons matriek leerders voorberei vir die eindeksamen op ‘n praktiese en interaktiewe wyse. Dis ‘n groot datum op ons kalender en die week word afgesluit deur ‘n matriekafskeid.

 

Gebeure

Skakel in by Wolkskool:

“Woon jy op die platteland, ver weg van die naaste skool? En sien jy nie kans vir koshuislewe nie? Dan is AfstandsleerPlus die antwoord waarvoor jy gewag het! Studeer by die huis en geniet jou ma se kos terwyl jy interaksie het met onderwysers en ander leerders deur van Leersfeer, ons aanlyn-portaal, gebruik te maak.”

Anje Boshoff – Skoolhoof

“Volkskool Orania is ‘n moderne skool met tradisionele waardes”

Carel Boshoff – Onderwyser

“Ons akademiese materiaal bestaan uit skriftelike en praktiese aktiwiteite saamgestel uit voorgeskrewe CAPS-handboeke met die toevoeging van moderne tegnologie bv. Rekenaaroefeninge en virtuele interaktiewe klaskamerleerervarings wat opgestel is deur ervare vakspesialiste.”

Carina Scribante Hoof van Grondslagfase