Anje Boshoff (Skoolhoof)


BA(ALW), BA.Hons (Cum Laude)
NGOS (Cum Laude)
(10 jaar ervaring)

anjestrik@orania.co.za
072 970 7050

AFRIKAANS HUISTAAL

Taal is ’n instrument vir denke en kommunikasie. Die doeltreffende gebruik van taal stel leerders in staat om kennis te verwerf, hulle identiteit, gevoelens en idees uit te druk, in interaksie te tree met ander en om hulle eie leefwêreld te bestuur. Ons huistaal is die voertuig van ons kulturele identiteit en ons letterkunde is die uitdrukking daarvan. In Gr 10 tot 12 behandel ons klassieke werke soos Kringe in ‘n bos van Dalene Mathee, Siener in die suburbs van PG du Plessis en Die keiser van Barto Smit.


ENGLISH FIRST ADDITIONAL LANGUAGE

Anadditional language gives us a window to other worlds. It opens up horizons that would have been closed to us without it. English First Additional Language is more than an instrument that helps us in the businessworld. We also explore the fun and deeper meaning in literature through Shakespeare and novels such as My family and other animals by Gerald Durall.


TOERISME

Toerisme is die studie van die aktiwiteite, dienste en industrië wat ‘n reiservaring aan groepe of individue bied. Dit is die studie van die verwagtinge en gedrag van toeriste, en die ekonomiese, maatskaplike en omgewingsinvloed van toerisme op Suid-Afrika. By Volkskool Orania doen ons dit ook prakties deur jaarlikse toere wat die leerders self help beplan, reël en onderneem.

Potlood

Skriba, sny deur my hout
laat jou messie in my insny
tot aan my kern; lê bloot
soos ‘n stuk gebeente
my grafiet,
al sou ek my teen jou verset
totdat ek splinter –
sny deur die plank dood, onthul
my siel, gebruik my dan, Skriba
gebruik my soos jy wil