Andre du Toit


B Ed (NWU) (4 jaar ervaring)
andre@volkskoolorania.co.za
060 457 5343

GEOGRAFIE

Geografie is die studie van menslike en fisiese omgewings. Dit is ‘n vak wat onderwerpe wat verband hou met fisiese en menslike prosesse oor ruimte en tyd met mekaar kombineer. Met die gebruik van Geografie, kan ons die komplekse wêreld beter verstaan. Daar is baie vertakkings wat in Geografie bestudeer word. Byvoorbeeld, in Fisiese Geografie ondersoek ons natuurlike prosesse en eienskappe, insluitend die atmosfeer, landvorme en ekosisteme. In Menslike Geografie, ondersoek ons die aktiwiteite en die impak van mense op die aarde. Die konsep wat Geografie verenig is ruimte. Alle geografiese verskynsels het ’n ruimtelike dimensie en werk in ’n voortdurend veranderende omgewing.