SACAI
“SACAI is bewus daarvan dat verskeie koerante berig het dat die minister van Basiese Onderwys, Dr. Angie Motshekga, die skrapping van die 2021 Junie/Julie-eksamens vir Graad 12-leerders aangekondig het. Neem asseblief kennis dat SACAI as onafhanklike assesseringsliggaam nie deur hierdie aankondiging gebind word nie en dat die geskeduleerde eksamens vir SACAI se geregistreerde Graad 10-12 leerders nie gekanselleer sal word nie en sal voortgaan soos beplan.” Ronel Smart (redaksionele aangeleenthede en opleiding)
30ste Verjaarsdag!
Wanneer Volkskool verjaar kry ons almal koek vir ontbyt en van ons oud-leerders kom partytjie ook saam. Dankie vir al die mooi wense uit die gemeenskap.
Oud word
Christiaan van der Merwe het vanaand die gehoor deur verskeie hoogtepunte en laagtepunte van die lewe in sy eenmanvertoning ‘Oud word’ gevat. Hy sluit dit ook af met ‘n Afrikaanse Orania-eie weergawe van ‘My Way’ ♫♫
Vinnige Vingers Kompetisie
Die spanning loop hoog by die Vinnige Vingers Kompetisie! Hou bene hou!!
Verjaarsdag Program
Kennis is alles
Dié stel Kennis-ensiklopedieë is op die skool se voorstoep afgelaai en het ‘n groep nuuskurige agies gefasineer (groot dank aan die skenker). Het jy ooit die reeks gebruik? En wat dink jy is die toekoms van gedrukte ensiklopedieë (en drukmedia oor die algemeen) in die moderne samelewing?