Administrasie Kantoor en Ondersteuningsdienste
Lianda Krige
praat met groot entoesiasme oor die skool en hoe leerders kan inskakel. Sy behartig meeste van die bemarking en kan gekontak word met enige navrae oor Volkskool en Afstandleer.
- volkskool@orania.co.za
- lianda@orania.co.za
- 082 333 5999
Annemarie Maritz
is die eerste stem wat jy sal hoor as jy die skool se nommer skakel en die eerste vriendelike gesig wat jy sal sien as jy Volkskool besoek. Haar hande staan vir niks verkeerd nie – sy hou 100 balle in die lug!
- navrae@volkskoolorania.co.za
- 053 207 0161
Sanet Buitendag
is ons administratiewe hoof. Sy werk met rekeninge en hanteer nuwe inskrywings. Sy skakel ook met SACAI om graad 12 leerders te registreer en by eksamensentrums te plaas. Vakveranderings en SACAI regulasies val ook onder haar beheer. Sy help met die reëlings vir die jaarlikse Toerisme-toer en ondersteun die leerders in die insamelingsprojekte daarvoor.
- rekenings@volkskoolorania.co.za
- 079 430 2926
Carel Boshoff
is die Skoolhoof van Volkskool Orania. Hy is in koele, kalme beheer van al bedryfsake. Dit sluit die finansiële bestuur en begroting van die skool in, asook IT-dienste en internet verskaffing, die bestuur van Leersfeer en die webwerf, akkreditasievereistes en beleid, fasiliteite en die geoliede wiele van die administratiewe prosesse.
- bedryf@volkskoolorania.co.za
- 053 207 0161
Sybella Taljaard
is ons studente administrateur. Sy werk met ons plaaslike- en afstandleer-studente en sorg dat almal se take betyds in is en op datum bly. Sy ontvang en versend leer- en eksamenmateriaal en werk die eksamenroosters uit. Sy is die primêre skakel met graad 7 tot 12 leerders en ouers en sal sorg dat jy by die regte onderwyser uitkom met jou navraag.
- student@volkskoolorania.co.za
- 053 207 0161
- 072 483 0972
Nikette Laing
is verantwoordelik vir die skakeling tussen die skool en die graad 4-6 leerders en ouers. Sy is altyd op haar pos en flink om enige probleem sommer vinnig op te los.
- vestiging@volkskoolorania.co.za
- 053 207 0161
Antonette Snyman
sorg dat alle portefeuljetake netjies in lêers geliasseer word. Sy sorg ook vir finale puntestate en dat die rapporte uitgereik word. Sorg dus dat jy in haar goeie boekies bly!
- 053 207 0161
Anje Boshoff
is die Akademiesehoof by Volkskool Orania. Sy is sedert 2009 ‘n onderwyser by Volkskool en van 2016 af saam met haar dinamiese personeel verantwoordelik om Volkskool Orania op ‘n unieke wyse te lei en te vestig as ‘n uitnemende opvoedingsinstelling.
- anjestrik@orania.co.za
- 072 970 7050
- 053 207 0161
Schalk Albertyn
is Volkskool se adjunkhoof. Hy luister geduldig na elke storie en antwoord altyd met deernis. Sy pastorale aanslag kweek ‘n kultuur van broederlike liefde by die skool.
- schalk@volkskoolorania.co.za
- 053 207 0161