Graad R-3 Grondslagfase
Grondslagfase Afstandleerders ontvang aan die begin van elke jaar ‘n lêer met hulpmiddels vir Afrikaans en Wiskunde en resepte vir klei en bak-en-brou. Daarna ontvang hulle elke kwartaal ‘n pakket met ‘n uiteensetting van aanvangskennis en idees vir ‘n belangstellings- of tematafel. Hulle ontvang ook Afrikaanse en Engelse stories en rympies en werksvelle vir Afrikaans, Engels, LV en Wiskunde. ‘n Volledige weeksbeplanning word elke week per epos uitgestuur en elke graad het ‘n Whatsapp-groepie waarop almal met mekaar en met die juffrou kan kommunikeer. Aan die einde van elke kwartaal word die Assessering vir daardie kwartaal per e-pos uitgestuur wat deur die leerder voltooi moet word en teruggestuur moet word vir punte.
Betalingsopsies vir graad R-3
OPSIE 1
GR R-3: R11 200.00 EENMALIG BETAALBAAR VOOR 23 JANUARIE 2026.
OPSIE 2
GR R-3: DEPOSITO VAN R3 000.00 BETAALBAAR BY INSKRYWING DAARNA 10 PAAIEMENTE VAN R880.00 PER MAAND BEGINNENDE OP 1 FEBRUARIE 2026.
* Kontak gerus vir Erna van Rooyen (grondslagfase – fasehoof) vir meer inligting rakende die aankoop van boeke by: ernavanrooyen358@gmail.com
My Juffrou
Tanja Stander
Graad R
Erna van Rooyen Fasehoof
Graad 1
Karen Saunders
Graad 2
Naomi Steenkamp
Graad 3